KLEUTERSKOOL NURSERY SCHOOL
 WELKOM! Baie welkom by 'n besonderse kleuterskool! Ons strewe daarna om: Kleuter se sosiale en emosionele ontwikkeling te bevorder deur positiewe leiding te gee, ons bied fisiese en emosionele sekuriteit en help elke kleuter om hulself te leer ken, verstaan en te aanvaar en daardeur as 'n selfstandige individu te staan. Ons help reg, maak reg, en wys die weg! Surita de Klerk Tweetyland is geregistreerd by "Department of Social Development" Lid van VVOS (Engels:AECYC) (Vereniging vir voorskoolse opvoeding en sorg)
 ALGEMENE INLIGTING
Personeel
Surita de Klerk is die eienares sowel as skoolhoof van Tweety Land kleuterskool. Sy is vriendelik en saggeaard met 'n absolute passie vir kleuters. Sy het 'n B.ed Graad, is geregistreer by SACE en was ook self 'n onderwyseres. Sy is vol idees en wil net die beste hê vir elke liewe kleuter wat aan haar en haar span toevertrou word. Haar deur staan altyd oop vir enige persoon. Tweety Land se personeel is liefdevolle dames wat 'n absolute passie het vir kinders. Personeel word gereeld op verskilllende opleidings kursusse gestuur, en het 'n noue band met NeuroEduCare
Eetprogram
Beleide
'n Gesonde gebalanseerde eetprogram is baie belangrik vir ons, daarom het ons die hulp van "Living Well Dietitians" ingekry met die opstel van ons eetplan. Sy gee ook vir die ouers meer inligting oor: 1. Gesonder ontbyt opsies 2. Hoe om gesonder koeldrank te kies 3. Raad vir kinders wat hardlywig is 4. 10 Wenke vir kinders wat "picky eaters" is Die kossies word by die skoolfonds ingesluit wat alles vir u as ouers vergemaklik deur net u kleuter te kan aflaai in die oggende en met 'n geruste hartjie te werk en te weet u kleuter kry genoegsmae en behoorlike voeding. Die volledige eetplan is beskikbaar by die skool. Die volgende beleide is beskikbaar by die skool se kantoor: - Kamera Beleid - Nood Plan - Aansteeklike Siekte Beleid - Dissipliene Beleid - Veiligheidsbeleid - Higiëne Beleid - Besering-en Insidente Beleid - Kommunikasie Beleid - Medisyne Beleid - Evaluerings Beleid - Roetine Beleid - Klere en linne Beleid
2020 Fooie
Kommunikasie
Skoolfonds is maandeliks vooruitbetaalbaar Registrasie is R150 Skoolfonds is R1750 per maand Daar is 'n eenmalge skryfbehoefte lysie wat ouers moet voorsien Skool Uniform Beskikbaar in die kantoor. Hierdie klere is nie verpligtend nie Kontak Besonderhede
Elke klassie het 'n WhatsApp Groep waarop slegs "admin" personeel boodskappe kan uitstuur. Die doel van die groepie is om kommunikasie te vergemaklik, asook om 'n "onthou" boodskap uit te stuur wanneer daar iets belangrik by die skool plaasvind. Daar word ook gereeld omsentbriewe uitgestuur. Daar is ten alle tye 'n bestuurslid aan diens wat u kan kontak oop ons landlyn. Die jaarprogram is op ons webblad beskikbaar. Daar is ten alle tye 'n bestuurslid aan diens wat u enige tyd kan skakel: 066 299 4466
Surita de Klerk : 072 288 9810 Tel: 066 299 4466 Epos: info@tweetyland.co.za Kom haal jou inskrywingsvorm af by Tweety Land se kantoor
Tweety Land is 'n buitengewone kleuterskool wat 'n pad stap saam met baba tot Gr. R en is geleë in Witbank Uitbreiding 16, Klipfontein.
Kom besoek ons gerus of skakel vir Tweetyland by 066 299 4466